Saturday, October 8, 2016

Engel

Engel
Karen Zoid

Lirieke: Karen Louise Greef
Musiek: Karen Louise Greef
Platemaatskappy: 

Ek het vriende wat ek sien
Ek is verslaaf aan nikotien
Ek hou van karre wat kan ry
Ek huil gewoonlik as ek baklei
Ek het gedink dat dit sou reën
Toe word ek stil en wag alleen
Tot jy kom klop het
Aan my deur

Ek het 'n dak bo-oor my kop
En in die winter like ek sop
Ek raak benoud wanneer jy luister
Net soos wanneer mense fluister
Wonder of jy sal onthou
Dat jou woorde aan my klou
As jy my insluk
Sonder om te kou

So ek skreeu 'n song vir jou my life
Bly nog 'n rukkie asseblief
Want as ek sing dan sing jy saam
In 'n droom roep ek jou naam.

Ek is so dronk soos Koos Kombuis
Daar is geen swembad by my huis
My sussie bly in Potchefstroom
Die mense daar rook almal boom
Vier seisoene in jou traan
Hou my vas wannneer jy gaan
En ek weer
Alleen hier staan

So ek skreeu 'n song vir jou my lief
Jy is 'n engel en 'n dief
Want as ons sing dan sing ons saam
In 'n droom roep ek jou naam









Saturday, September 3, 2016

Silwer Kombers

Silwer Kombers
Neil Somers

Lirieke: Neil Somers
Musiek: Neil Somers
Platemaatskappy: Coleske

Niemand luister
As ons fluiter
Begin te skree
Tot kranse antwoord gee
Die aarde bewe
En vloede woes
Die groind is bitter
En die hêmel soet

Maak my snoesig toe
In my silwer kombers
Want my tyd is uit
Soos die vlam van 'n kers
My lied is gesing
Tot die laaste vers
So maak my snoesig toe
In my silwer kombers

Blaas trompette
Die wolke daal
My hemelse Vader
Het my kom haal
Grond en klippe
Val op my neer
Maar hiers net vrede
En niks meer seer

Maak my snoesig toe
In my silwer kombers
Want my tyd is uit
Soos die vlam van 'n kers
My lied is gesing
Tot die laaste vers
So maak my snoesig toe
In my silwer kombers

Stille waters
Diepe grond
In die duister
Sluip gruwels rond
Eens vir altyd
Geboer getrou
Nou net vriende
Wat vra en rou

Maak my snoesig toe
In my silwer kombers
Want my tyd is uit
Soos die vlam van 'n kers
My lied is gesing
Tot die laaste vers
So maak my snoesig toe
In my silwer kombers

Hemel Vader vat my hand
Lei my na die Vaderland

Maak my snoesig toe
In my silwer kombers
Want my tyd is uit
Soos die vlam van 'n kers
My lied is gesing
Tot die laaste vers
So maak my snoesig toe
In my silwer kombers

Maak my snoesig toe
In my silwer kombers


Monday, August 1, 2016

Groen Trui

Groen Trui
Jan Blohm / Karen Zoid / Gian Groen / Neil Sandilands

Lirieke: Jan Blohm
Musiek: Jan Blohm
Platemaatskappy: Bowline Publishing

Die son brand purper my gedagtes
As die son of die reën vir my kom haal
Jy sê iewers is daar liefde
Iewers waar tyd vir jou kom haal

Bly vannaand by my
Ek weet jy het seer gekry
Sit jou lyfie in my groen trui
Oh, Bly vannaand by my
Bly vannaand by my
Bly vannaand by my

Wie's die girl daar onder jou oë
Wat in Krismas kan glo
Happy hours by die kroeë
Vra my laitie het jy 'n light?
Jy vou 'n droom soos 'n kite
En scheme tonight tonight

Bly vannaand by my
Ek weet jy het seer gekry
Sit jou lyfie in my groen trui
Oh, Bly vannaand by my
Bly vannaand by my
Bly vannaand by my

Maak my siek en maak my blind
Ek is jammer ek het jou ingesluk
Is daar iemand wat vir my bid
Maak my hartjie weer rein
Gee my Rembrandt van Rijn
Maak my blind vir hulle seine (?)

Bly vannaand by my
Ek weet jy het seer gekry
Sit jou lyfie in my groen trui
Oh, Bly vannaand by my
Bly vannaand by my
Bly vannaand by my

Bly vannaand by my
Ek weet jy het seer gekry
Sit jou lyfie in my groen trui
Oh, Bly vannaand by my
Ek weet jy het seer gekry
Sit jou lyfie in my groen trui


Saturday, July 30, 2016

Vir die een wat geval het

Vir die een wat geval het
Len Muller ft Joshua na die reën

Lirieke: Len Muller/Jattie de Beer
Musiek: Len Muller/Jattie de Beer
Platemaatskappy: Urial Publishing

Ek het 'n droom gehad
Daar was 'n oop kis gewees
Hartseer in die atmosveer

En toe ek deur die stil gesigte beweeg
En in die kis in kyk
Het ek ontdek dis ek

En ek staan 
Ek wonder wat my lewe sê
Ek wonder hoe my storie lees na ek weg is
Wat ek agter gelos het

Toe ek my oë oopmaak
Was alles weer soos dit is
Maar iets was anders in my

Uit die stof het ons opgestaan
In stof sal ons weer gaan lê
Hierdie is jou tweede kans
Oh, Oh, Oh, Hierdie is jou tweede kans

En ek staan 
Ek wonder wat my lewe sê
Ek wonder hoe my storie sal lees na ek weg is
Wat ek agter sal los

En vandag
Het ek besluit dat ek wil leef
Het ek besluit dat op die pad na my einde
Sal ek 'n hand wees vir die een wat geval het

Tot die asem uit my longe uit kwyn
Tot my vlees hier in die aarde verdwyn
Sal ek hardloop vir die lig
To die ewigheid my kom haal

En ek staan
Wonder wat jou lewe sê
Wonder hoe jou storie sal lees na jy weg is
Wat jy agter sal los