Saturday, October 8, 2016

Engel

Engel
Karen Zoid

Lirieke: Karen Louise Greef
Musiek: Karen Louise Greef
Platemaatskappy: 

Ek het vriende wat ek sien
Ek is verslaaf aan nikotien
Ek hou van karre wat kan ry
Ek huil gewoonlik as ek baklei
Ek het gedink dat dit sou reën
Toe word ek stil en wag alleen
Tot jy kom klop het
Aan my deur

Ek het 'n dak bo-oor my kop
En in die winter like ek sop
Ek raak benoud wanneer jy luister
Net soos wanneer mense fluister
Wonder of jy sal onthou
Dat jou woorde aan my klou
As jy my insluk
Sonder om te kou

So ek skreeu 'n song vir jou my life
Bly nog 'n rukkie asseblief
Want as ek sing dan sing jy saam
In 'n droom roep ek jou naam.

Ek is so dronk soos Koos Kombuis
Daar is geen swembad by my huis
My sussie bly in Potchefstroom
Die mense daar rook almal boom
Vier seisoene in jou traan
Hou my vas wannneer jy gaan
En ek weer
Alleen hier staan

So ek skreeu 'n song vir jou my lief
Jy is 'n engel en 'n dief
Want as ons sing dan sing ons saam
In 'n droom roep ek jou naam