Tuesday, December 31, 2019

Strome Lewe

Strome Lewe
Jacobus Silwer

Nog 'n jaar se draaie lê soos olie op die see
Dryf deur my gedagtes en ek dink aan elke tree
Daar's 'n les in elke afdraai pad
'n Sny vir elke val
Baie trane, Baie lag en baie geld betaal
Daar is dinge wat ek weer sal doen
En dinge wat kon bly
Mense wat kom kuier het en mense wat moes ry

Ek los wat ek verloor het by die voete van my God
En wat ek langs die pad geleer het hou ek in my kop
Oh, ek strek my uit na môre
Met my voete op die grond
'n Toekomsblik vol liefde
Strome lewe uit my mond

'n Nuwe jaar se myle gooi 'n langpad in die son
Ek wonder oor die ander kant en hoe ek daar gaan kom
As ek afdwaal en ek struikel, sal ek weet wat om te doen
Die belofte lê in môre tjom, die lewe is in 'n tune
Daar is dinge wat ons weer gaan doen, en dinge wat gaan bly
Mense wat kom hallo sê en mense wat gaan ry

Ek los wat ek verloor het by die voete van my God
En wat ek langs die pad geleer het hou ek in my kop
Oh, ek strek my uit na more
Met my voete op die grond
'n Toekomsblik vol liefde
Strome lewe uit my mond

En as die donderweer kom en hy stamp my om
En as die berge op my val
Daar is rede vir my lewe
Binne my brand 'n nuwe hart, daar is 'n lig voor in die pad
Sien jou aan die ander kant!

Ek los wat ek verloor het by die voete van my God
En wat ek langs die pad geleer het hou ek in my kop
Oh, Ek strek my uit na môre
Met my voete op die grond
'n Toekomsblik vol liefde
Strome lewe uit my mond
'n Toekomsblik vol liefde
Strome lewe uit my mond

Saturday, April 6, 2019

Vuur op die Water

Vuur op die Water
Elandrè Schwartz

Die lang pad
Kan somtyds bietjie van mens weg vat
Die ligte in die nag maak dit duidelik
Soms is dinge net te tydelik

En woode
Kan ook net soveel belowe
Toe ek jou sien weet ek jy's verbode
En al wat ek wou doen is praat

Maar toe is dit te laat

Jy laat my brand
Ek wens ons was weer terug in gisteraand
My vel voel nog die passie van jou sagte hand
Ek wil regtig nie myself verloor
Hoe kan ek anders met daai donker
Oë wat jy
Gebruik soos jy my hande in die donker lei
Ek weet dis teen die reëls
Maar ek wil langer bly
Ek weet nie wat dit is nie
Maar dit

Dit brand in my

Vuur op die Water
Ys na die front
Ek en jy brand af
Tot op die grond

Vuur op die Water
Ys na die front
Ek en jy brand af
Tot op die grond

So wat dan
As die oggend kom en ons moet aangaan
Weet ek is nie een vir opgee
Maar as ek moet sal ek jou tyd gee
En blus my
Vuur wat jy so gretig aansteek
Is mense soos jy wat 'n hart breek
So hoekom is ek 'n sucker vir seerkry
My vingers brand maar ek wil bly

My vingers brand maar ek wil bly

Jy laat my brand
Ek wens ons was weer terug in gisteraand
My vel voel nog die passie van jou sagte hand
Ek wil regtig nie myself verloor
Hoe kan ek anders met daai donker
Oë wat jy
Gebruik soos jy my hande in die donker lei
Ek weet dis teen die reëls
Maar ek wil langer bly
Ek weet nie wat dit is nie
Maar dit
Dit brand in my

Vuur op die Water
Ys na die front
Ek en jy brand af
Tot op die grond

Vuur op die Water
Ys na die front
Ek en jy brand af
Tot op die grond

Vuur op die Water
Ys na die front
Ek en jy brand af
Tot op die grond

Vuur op die Water
Ys na die front
Ek en jy brand af
Tot op die grond

Jy laat my brand
Ek wens ons was weer terug in gisteraand
My vel voel nog die passie van jou sagte hand
Ek wil regtig nie myself verloor
Verloor
Tot op die grond

Geskryf deur:
Elandrè Schwarts & Niel Schoombie
Platemaatskappy: KVN Publishing