Tuesday, December 31, 2019

Strome Lewe

Strome Lewe
Jacobus Silwer

Nog 'n jaar se draaie lê soos olie op die see
Dryf deur my gedagtes en ek dink aan elke tree
Daar's 'n les in elke afdraai pad
'n Sny vir elke val
Baie trane, Baie lag en baie geld betaal
Daar is dinge wat ek weer sal doen
En dinge wat kon bly
Mense wat kom kuier het en mense wat moes ry

Ek los wat ek verloor het by die voete van my God
En wat ek langs die pad geleer het hou ek in my kop
Oh, ek strek my uit na môre
Met my voete op die grond
'n Toekomsblik vol liefde
Strome lewe uit my mond

'n Nuwe jaar se myle gooi 'n langpad in die son
Ek wonder oor die ander kant en hoe ek daar gaan kom
As ek afdwaal en ek struikel, sal ek weet wat om te doen
Die belofte lê in môre tjom, die lewe is in 'n tune
Daar is dinge wat ons weer gaan doen, en dinge wat gaan bly
Mense wat kom hallo sê en mense wat gaan ry

Ek los wat ek verloor het by die voete van my God
En wat ek langs die pad geleer het hou ek in my kop
Oh, ek strek my uit na more
Met my voete op die grond
'n Toekomsblik vol liefde
Strome lewe uit my mond

En as die donderweer kom en hy stamp my om
En as die berge op my val
Daar is rede vir my lewe
Binne my brand 'n nuwe hart, daar is 'n lig voor in die pad
Sien jou aan die ander kant!

Ek los wat ek verloor het by die voete van my God
En wat ek langs die pad geleer het hou ek in my kop
Oh, Ek strek my uit na môre
Met my voete op die grond
'n Toekomsblik vol liefde
Strome lewe uit my mond
'n Toekomsblik vol liefde
Strome lewe uit my mond

No comments:

Post a Comment