Saturday, September 3, 2016

Silwer Kombers

Silwer Kombers
Neil Somers

Lirieke: Neil Somers
Musiek: Neil Somers
Platemaatskappy: Coleske

Niemand luister
As ons fluiter
Begin te skree
Tot kranse antwoord gee
Die aarde bewe
En vloede woes
Die groind is bitter
En die hêmel soet

Maak my snoesig toe
In my silwer kombers
Want my tyd is uit
Soos die vlam van 'n kers
My lied is gesing
Tot die laaste vers
So maak my snoesig toe
In my silwer kombers

Blaas trompette
Die wolke daal
My hemelse Vader
Het my kom haal
Grond en klippe
Val op my neer
Maar hiers net vrede
En niks meer seer

Maak my snoesig toe
In my silwer kombers
Want my tyd is uit
Soos die vlam van 'n kers
My lied is gesing
Tot die laaste vers
So maak my snoesig toe
In my silwer kombers

Stille waters
Diepe grond
In die duister
Sluip gruwels rond
Eens vir altyd
Geboer getrou
Nou net vriende
Wat vra en rou

Maak my snoesig toe
In my silwer kombers
Want my tyd is uit
Soos die vlam van 'n kers
My lied is gesing
Tot die laaste vers
So maak my snoesig toe
In my silwer kombers

Hemel Vader vat my hand
Lei my na die Vaderland

Maak my snoesig toe
In my silwer kombers
Want my tyd is uit
Soos die vlam van 'n kers
My lied is gesing
Tot die laaste vers
So maak my snoesig toe
In my silwer kombers

Maak my snoesig toe
In my silwer kombers