Monday, December 10, 2018

Verantwoordelik

Verantwoordelik
Hanru Niemand

Hey Baby, kan jy sien die ou
Met die sorry eyes
Hy dink aan jou

Hy skryf dit in 'n brief vir jou
Hy hou dit toegevou
Hy dra niks op die mou

Hy sien jou by gesellighede
Smile is despiraat
om die blink kant bo te hou
Om sy bure dapper face
Stem sy bewussein
want dis nice
om die brawade voor te hou
dat hy cope sonder jou

Want dan worry minder mense
en daars soveel minder sorrow
waarvoor mense hom verantwoordelik kan hou

Nou loop hy met 'n dapper voet
die weie wereld in
kyk hy is vol van moed

So loop hy sonder kind of kraai
Soos 'n herfs blaar vry
Los en wind verwaai

Dan lieg hy dat die vryheid soet is
Ja om vry te wees is onteenseglik goed
Lieg hy met 'n dapper voet
Kyk hoe vry is sy gemoed
Om die brawade voor te hou
Dat hy cope sonder jou
Want dan worry minder mense
en daars soveel minder sorrow
waarvoor mense hom verantwoordelik kan hou

En wie sal met 'n mens wil omgaan
As daar trane is in jou oë

Net nou, Net nou, Net nou huil ons almal saam
Saam in een groot oog

En wie sal met 'n mens wil omgaan
As die huil so vlak lê in jou stem
Dat jy almal saam met jou aftrek

In die nagte huil hy Baby, Baby
en hy krimp in een as hy dink aan jou

Skryf sy liefde in 'n brief se vou
En hy bind dit oor die eter heen na jou

Wel wetend dat die môre kom
en dat hy voort moet gaan
Voortgaan met die show
Om sy bure dapper klou
Al sy briewe toegevou
Om die brawade voor te hou
Dat hy cope sonder jou
Want dan worry minder mense
en daars soveel minder sorrow
waarvoor mense hom verantwoordelik kan hou

Om sy bure dapper face
stem sy bewussein
want dis nice
om die brawade voor te hou
dat hy cope sonder jou
dat hy fine is sonder jou
Dat hy okay is sonder jou
Dat hy eintlik dood tevrede is
Dat hy eintlik dol gelukkig is
Dat die rewolwer in sy laai nie gelaai is nie

Lieg hy met 'n dapper voet
Kyk hoe vry is sy gemoed
Om die brawade voor te hou
Dat hy cope sonder jou
Want dan worry minder mense
En daar is soveel minder sorrow
waarvoor mense hom verantwoordelik kan hou



Saturday, August 18, 2018

Toe vind ek jou

Toe vind ek jou - Francois van Coke ft. Karen Zoid


Ek lê my wapens neer
Vanaand vir die eerste keer
Sien ek myself in jou oë
Ek het hierdie oorlog verloor
Ek staar na die bloed op my hande
Ek weet ek het verander
Jy dink ek praat net weer
Ek het jou lief
Ek sweer

Geen pretensie
Geen beheer

Buite die stemme wat skater
Vriende wat groet
Sien jou later
Elkeen vind sy pad
Ek weet ek moet ook my skat

Hey, my sweet
Hey, my baby
Jy’s my toevlug
Wil jou nooit laat huil nie
Jy’s my lied
Jy’s my wysie
Ons het ’n hond
Ons het ’n huisie

Ek het genoeg gegee
Ek het genoeg geskree
Ek het lankal terug geleer
Maar nog steeds het ek probeer
Vlug soos ’n verraaier
Van dit wat my vashou
Daar was monsters in die donker
Toe vind ek jou
Ek sweer

Geen pretensie Geen beheer

Lyrics - Karen Zoid & Francois van Coke
Music - Van Coke / Zoid / Kossew

Vocals - Francois van Coke
Vocals - Karen Zoid
Guitar - Jedd Kossew
Bass & Additional Instrumentation  - Theo Crous
Drums - Sheldon Yoko

Produced, Recorded & Mixed by Theo Crous at Bellville Studios