Monday, August 1, 2016

Groen Trui

Groen Trui
Jan Blohm / Karen Zoid / Gian Groen / Neil Sandilands

Lirieke: Jan Blohm
Musiek: Jan Blohm
Platemaatskappy: Bowline Publishing

Die son brand purper my gedagtes
As die son of die reën vir my kom haal
Jy sê iewers is daar liefde
Iewers waar tyd vir jou kom haal

Bly vannaand by my
Ek weet jy het seer gekry
Sit jou lyfie in my groen trui
Oh, Bly vannaand by my
Bly vannaand by my
Bly vannaand by my

Wie's die girl daar onder jou oë
Wat in Krismas kan glo
Happy hours by die kroeë
Vra my laitie het jy 'n light?
Jy vou 'n droom soos 'n kite
En scheme tonight tonight

Bly vannaand by my
Ek weet jy het seer gekry
Sit jou lyfie in my groen trui
Oh, Bly vannaand by my
Bly vannaand by my
Bly vannaand by my

Maak my siek en maak my blind
Ek is jammer ek het jou ingesluk
Is daar iemand wat vir my bid
Maak my hartjie weer rein
Gee my Rembrandt van Rijn
Maak my blind vir hulle seine (?)

Bly vannaand by my
Ek weet jy het seer gekry
Sit jou lyfie in my groen trui
Oh, Bly vannaand by my
Bly vannaand by my
Bly vannaand by my

Bly vannaand by my
Ek weet jy het seer gekry
Sit jou lyfie in my groen trui
Oh, Bly vannaand by my
Ek weet jy het seer gekry
Sit jou lyfie in my groen trui


Saturday, July 30, 2016

Vir die een wat geval het

Vir die een wat geval het
Len Muller ft Joshua na die reën

Lirieke: Len Muller/Jattie de Beer
Musiek: Len Muller/Jattie de Beer
Platemaatskappy: Urial Publishing

Ek het 'n droom gehad
Daar was 'n oop kis gewees
Hartseer in die atmosveer

En toe ek deur die stil gesigte beweeg
En in die kis in kyk
Het ek ontdek dis ek

En ek staan 
Ek wonder wat my lewe sê
Ek wonder hoe my storie lees na ek weg is
Wat ek agter gelos het

Toe ek my oë oopmaak
Was alles weer soos dit is
Maar iets was anders in my

Uit die stof het ons opgestaan
In stof sal ons weer gaan lê
Hierdie is jou tweede kans
Oh, Oh, Oh, Hierdie is jou tweede kans

En ek staan 
Ek wonder wat my lewe sê
Ek wonder hoe my storie sal lees na ek weg is
Wat ek agter sal los

En vandag
Het ek besluit dat ek wil leef
Het ek besluit dat op die pad na my einde
Sal ek 'n hand wees vir die een wat geval het

Tot die asem uit my longe uit kwyn
Tot my vlees hier in die aarde verdwyn
Sal ek hardloop vir die lig
To die ewigheid my kom haal

En ek staan
Wonder wat jou lewe sê
Wonder hoe jou storie sal lees na jy weg is
Wat jy agter sal los